Meer as $101.2 miljoen in federale en staat bystand is goedgekeur vir inwoners van die stad St. Louis, St. Louis Graafskap en St. Charles Graafskap wat geraak is deur die 25-28 Julie vloedramp. Nagenoeg 200 federale personeel van regoor die land is steeds plaaslik beskikbaar om Missouriane te help met die herstelling na die vloedramp.
Vanaf 13 Okt. 2022:
- FEMA het $38.2 miljoen in bystand goedgekeur vir individue en huishoudings, insluitende huur bystand vir huiseienaars en huurders.
- Die U.S. Small Business Administration (SBA) het $28.3 miljoen in ramplenings goedgekeur vir 879 huiseienaars, huurders en besighede.
- Die Nasionale Vloedversekeringsprogram het 602 eise ontvang en $34.7 miljoen uitbetaal.
“Ons is tevrede om te sien dat broodnodige bystand die mense in St. Louis gebied bereik om hulle te help om te herstel van die historiese vloedramp,” het Jim Remillard, die direkteur van die Staat van Missouri se Noodbestuur gesê. “Missouriane word uitstel tot 7 November, 2022 gebied om vir bystand aansoek te doen. Ons wil hê almal moet weet dat FEMA bystand beskikbaar steeds beskikbaar is, insluitende vir huisherstelwerk en tydelike verblyf behoeftes asook ander uitgawes. Hierdie bystand is beskikbaar vir huurders sowel as huiseienaars. Ons moedig mense in St. Louis, St. Louis Graafskap en St. Charles Graafskap aan wat direk geraak is deur die Julie vloedramp om by FEMA aansoek te doen, aanlyn, per telefoon, of deur die FEMA toep te gebruik.”
“FEMA is net een deel van die herstellingsproses. Deur nou saam te werk met die Staat van Missouri, plaaslik verkose amptenare, nie-winsbejagde organisasies en ander federale agentskappe, het dit ons in staat gestel om vinnig bystand in die hande van oorlewendes van die Julie flitsvloed te kry. Dié bystand sal help met die afskop van die herstelling,” het DuWayne Tewes gesê, FEMA se Federale Koöordineringsbeampte. “Dis net die begin dié. Ons weet daar is nog baie werk om te doen. Dus moedig ons diegene aan wat geraak is, maar wat nog nie vir FEMA bystand aansoek gedoen het nie, om so te doen voor 7 November. Ons wil seker maak dat almal wat geregtig daarop is, registreer.” Het Tewes bygevoeg.
Mense wat geraak is deur die vloedramp in St. Louis Stad, St. Louis Graafskap, en St. Charles Graafskap het drie maniere om aansoek te doen en in kontak met FEMA te bly:
- Bel: 1-800-621-FEMA (3362)
- Gaan Aanlyn: DisasterAssistance.gov
- Besoek ons Vloedrampherstellingsentrum
FEMA se Vloedrampherstellingsentrums is nog steeds aktief in gebiede wat geteister was. Die herstellingsentrums bied aan inwoners die kans om in persoon met FEMA en die SBA te ontmoet. Hierdie sentrums het meer as 5,700 ramp oorlewendes bedien en gaan voort om diegene by te staan wat hulp benodig.
FEMA Disaster Survivor Assistance (DSA) spanne het werwing gedoen in vloedramp-geaffekteerde gebiede van St. Louis Stad, St. Louis Graafskap en St. Charles Graafskap gedoen. DSA personeel het persoonlik met huurders en huiseienaars ontmoet om hulle by te staan om aansoek by FEMA te doen en om gou gewees om onmiddellike en luikende behoeftes te identifiseer. FEMA het DSA spanne van deur tot deur gestuur om moeilik bereikbare oorlewendes te bereik waar hulle woon om hulle herstelproses aan die gang te hou. Die DSA spanne het op meer as 30,000 deure geklop en het meer as 14,500 interaksies met oorlewendes gehad.
Vir die nuutste, volg ons op Twitter @MOSEMA en @FEMARegion7.
Kry die nuutste inligting by Recovery.MO.gov en FEMA.gov/disaster/4665.
Ramp herstellingsbystand is beskikbaar sonder inagneming van ras, kleur, godsdiens, nasionale helkoms, geslag, ouderdom, of gestremdheid, vlotheid in Engels of ekonomiese status.