Meer as $54 miljoen in federale bevondsing is goedgekeur vir mense wat deur die 25-28 Julie vloedramp en stormskade geaffekteer is in die St. Louis area in Missouri.
- FEMA het $28.7 miljoen in Individuele Bystand toegifte goedgekeur vir huurders en huiseienaars vir skade en ernstige behoeftes wat nie deur versekering gedek word nie.
- FEMA se Nasionale Vloed Versekeringsprogram het $14.4 miljoen in eise uitbetaal vir vloedversekering polishouers.
- Die U.S. Small Business Administration het $11.2 miljoen in ramplenings goedgekeur vir huiseienaars, huurders en besighede.
Die sperdatum om aansoek te doen met Fema is 7 Oktober.
Mense geraak deur die ramp in St. Louis City, St. Louis County (graafskap) en St. Charles County (graafskap) het drie maniere om aansoek te doen en om in aanraking met FEMA te bly:
- Bel: 1-800-621-FEMA (3362)
- Gaan Aanlyn: DisasterAssistance.gov
- Besoek enige Rampherstellingsentrum
Indien u ‘n herlei diens, soos video herleidiens (VRS), telefoondiens met onderskrifte of ander dienste gebruik, gee FEMA die nommer vir dié diens. Hulplyn operateurs is beskikbaar van 6 vm tot 10 nm daagliks. Druk 2 vir Spaans. Druk 3 vir ’n tolk wat u taal praat.
Ses Rampherstellingssentrums is oop vir Persoonlike Hulp
Herstellingspesialiste van FEMA en die U.S. Small Business Administration staan mense by om hulle aansoeke te voltooi of die status daarvan na te volg by die volgende lokale:
ST. LOUIS CITY
Ranken Tegniese Kollege
Mary Ann Lee Technology Center
1313 N. Newstead Ave.
St. Louis, MO 63113
(Op die hoek van Newstead en Page)
ST. LOUIS COUNTY
Urban League Empowerment Center
9420 W. Florissant Ave.
Ferguson, MO 63136
University City Recreation Division
Centennial Commons
7210 Olive Blvd.
University City, MO 63130
Hazelwood Civic Center
8969 Dunn Road
Hazelwood, MO 63042
ST. CHARLES COUNTY
O’Fallon Municipal Centre
100 N. Main St.
O’Fallon, MO 63366
(Suid-oostelike Ingang)
Developmental Disabilities Resource Board – DDRB gebou
1025 Country Club Road
St. Charles, MO 63303
(Naby I-70 by die Zumbehl Road Afrit)
- Ure vir alle lokale is: 8 vm–7 nm. Maandag tot Saterdag tot verdere kennisgewing.
- Afsprake word NIE vereis nie. Instappers is welkom.
- Indien u hulp verlang met die aansoekproses, kan FEMA u bystaan by die Rampherstellingsentrum.
Omtrent FEMA se Individuele Bystand
Vir behoeftes wat nog nie deur versekering of ander bronne gedek is nie. FEMA mag moontlik die Individuele Bystands toegif gelde bied wat nie terugbetaal hoef te word nie, vir:
- Huur Bystand indien u sou moes verhuis as gevolg van vloedskade
- Persoonlike Eiendom wat beskadig of vernetig was deur die vloed
- Huisvestig Vergoeding indien u tydelik in ‘n hotel moes bly
- Basiese Huis Herstelwerk vir huiseienaars wie se primêre woning deur oorvloeding beskadig is
- Ander Ernstige Behoeftes wat deur die onlangse vloed veroorsaak is
Bykomend tot die genoemde bystand, neem asseblief kennis van die volgende:
- Slegs een aansoek per huishouding
- FEMA betaal nie vir verlore of beskadigde voedsel nie
- FEMA werk met almal – huurders en huiseienaars – gebaseer op elke individuele geval
- Volgens die wet is FEMA nie gemagtig om versekeringsuitbetalings of bystand van ander bronne te dupliseer nie
Huiseienaars en huurders: Indien u na die SBA verwys is vir ‘n ramplening, handig asseblief die aansoek in. Deur die SBA aansoek in te handig, kom u in aanmerking vir verdere lenings. Indien u vir ‘n lening kwalifiseer, is daardie bron tot u beskikking sou u besluit om dit te aanvaar.
Bel 2-1-1 vir Ander Hulpverlening
United Way 211 verbind individue met onaangesproke behoeftes met bystandsprogramme deur vrywilligers en geloofgebaseerdeorganisasies. Enigeen geaffekteer wat bykomende bystand benodig moet 2-1-1 bel vir bystand, of besoek http://211helps.org.
Vir die nuutste, volg ons op Twitter @MOSEMA_ en @FEMARegion7.
Verkry die nuutste inligting by Recovery.MO.gov en FEMA.gov/disaster/4665.
Ramp herstellingsbystand is beskikbaar sonder inagneming van ras, kleir, godsdiens, nasionale helkoms, geslag, ouderdom, of gestremdheid, vlotheid in Engels of ekonomiese status.