Mense met Vloedskade in Missouri kan by FEMA om hulpverlening aansoek doen

Release Date Release Number
001
Release Date:
August 9, 2022

Huurders en huiseinaars in St. Louis County (graafskap), die Stad van St. Louis en St. Charles County (graafskap) wat deur flitsvloede geraak is tussen 25-28 Mei mag by FEMA om ramphulpverlening aansoek doen.

Doen aanlyn aansoek by DisasterAssistance.gov, of skakel 800-621-3362 of gebruik die FEMA mobile app.

Indien u ‘n diens vir dowes gebruik, soos byvoorbeeld die video herleidiens (VRS), telefoondiens met opskrifte of enige ander sulke dienste, gee asb. die FEMA nommer aan u diensverskaffer en gee ook u diensverskaffer se telefoonnommer aan FEMA.

Sou u nie gedek wod deur u versekering of ander bronne nie, sou FEMA gelde van ‘n individuele bystands lening (Individual Assistance grant) kan bied wat nie terugbetaal hoef te word nie - vir:

  • Huur Bystand indien u sou moes verhuis as gevolg van vloedskade
  • Persoonlike Eiendom wat beskadig of vernetig was deur die vloed
  • Huisvestig Vergoeding indien u tydelik in ‘n hotel moes bly
  • Basiese Huis Herstelwerk vir huiseienaars wie se primêre woning deur oorvloeding beskadig is
  • Ander Ernstige Behoeftes wat deur die onlangse vloed veroorsaak is
  • Slegs een aansoek per huishouding

FEMA betaal nie vir kos wat verlore gegaan het nie.

Wanneer u by FEMA aansoek doen, moet u die volgende inligting gereed hê:

  • Telefoonnommer waar u gekontak kan word
  • Adres ten tyde van die vloedramp
  • Adres waar u nou bly
  • Social Security Nommer vir een lid van u huishouding
  • Basiese lys van skade en verliese
  • Bank inligting sou u ‘n direkte inbetaling van u FEMA geld verlang
  • Versekeringsinligting sou u versekering het, insluitende u polisnommer

Indien u versekering het as ‘n huiseienaar, or as ‘n huurder, of as u vloedversekering het, moet u so vinning moontlik ‘n eis indien. FEMA kan nie dekking soos verskaf deur u versekering dupliseer nie. Indien u polis nie al u skadevergoeding dek nie, sou u moontlik in aanmerking kan kom vir federale bystand.

Neem foto’s om u skade te dokumenteer, en begin met die opruiming en herstelwerk om verdere skade te verhoed. Onthou asseblief om kwitansiestrokies te hou van alle aankope wat verband hou met die herstelwerk en opruiming.

Vir ‘n toeganklike video oor hoe om aansoek te doen vir bystand, besoek  youtube.com/watch?v=WZGpWI2RCNw.

Vir die nuutste oor rampverwante sake van FEMA, volg @FEMAregion7 op Twitter, en skakel mobiele kennisgewings aan (mobile notifications). Besoek die ramp webwerf te fema.gov/disaster/4665.

Vir die nuutste rakende die ramp van die Missouri State Emergency Management Agency (SEMA), volg @MOSEMA_ op Twitter, en skakel aan mobiele kennisgewings (mobile notifications). Recovery.MO.gov bly steeds ‘n sentrale bron van inligting om almal in Missouri by te staan om maklik inligting te vind oor rampverwante hulpbronnne.

Tags:
Laas opgedateer